Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Zebra

@ Books LIVE

Boekbekendstelling: Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars deur Max du Preez

Oor Krygers, korrelkoppe en konkelaars - Bekendstelling

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars: Ongewone verhale uit ons verledeZebra Press en The Book Lounge nooi jou uit na die bekendstelling van Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars deur Max du Preez.

Daar is kleurryke stories oor Khoi-hoofmanne wat in die sewentiende eeu oorsee gegaan het; die Boesmans se verdrag met leeus; die wyse Mohlomi; die krygshaftige vrou Mantatisi; Coenraad de Buys, die skurkagtige pionier; die swart Jode van Venda; Christiaan de Wet en sy broer Piet, wat aan verskillende kante in die Anglo-Boereoorlog geveg het; die dapperheid van generaal De la Rey se vrou, Nonnie; en die planne om Mandela uit Robbeneiland se tronk te laat ontsnap. Daar is boonop heeltemal nuwe verhale oor skipbreukelinge van die sestiende en sewentiende eeu, van wie baie met Zoeloe- of Xhosavroue getrou het; oor Guillaume Chenu de Chalezac, die Franse seun wat in 1680 deur ‘n Xhosa-hoofman aangeneem is en later ‘n Pruisiese generaal geword het; oor die merkwaardige Engelse vrou Sarah Heckford wat ‘n handelaar in die Boererepublieke en raadgewer vir koningin Modjadji geword het; en oor die Duitse oorlogsweeskinders wat tydens die Tweede Wereldoorlog na SA gekom het.

Ons sien daarna uit om julle daar!

Besonderhede

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment