SARIE gesels met Herschelle Gibbs oor To the Point
Herschelle Gibbs meen sy outobiografie, To the Point, is nie so erg soos wat die koerante berig nie.
Gibbs onthul in dié boek onder meer die seksuele aktiwiteite van Suid-Afrikaanse krieketspelers gedurende ‘n toer in 1998.
Hy het in ‘n onderhoud aan SARIE gesê hy het verwag dat van sy mede-krieketspelers ontsteld sou wees oor die boek, en dat hy selfs vriende sou verloor. Maar hy sê ook: “Hulle het nog nie die boek nie en tot tyd en wyl hulle die boek onder oë kry, sal hulle agterkom dis nie so erg soos wat dit gemaak word nie.”
Die omstrede krieketspeler besef hy het ‘n hele paar spanmaats teleurgestel en seergemaak met sy openhartige lewensverhaal. Hy gesels met SARIE se Phyllis Green.
Hier waar ons in Melville, Johannesburg, by ‘n straatkafee sit en gesels oor sy omstrede outobiografie, To The Point, The No-Holds-Barred Autobiography, Herschelle Gibbs met Steve Smith (Zebra Press, R200) lyk hy verbasend ontspanne. Hy besef hy gaan heel moontlik ‘n klompie vriende verloor, maar dis dan maar so. Hy glo hy het sy verhaal vertel, oop en eerlik en spontaan, soos hy is en dat dit die enigste manier was hoe hy dit kon doen.
Book details
- To the Point: The No-Holds-Barred Autobiography by Herschelle Gibbs, Steve Smith
Book homepage
EAN: 9781770221314
Find this book with BOOK Finder!














Please register or log in to comment