Videos, potgooi en vraelys: Peter de Villiers gesels oor sy biografie Politically Incorrect
Peter de Villiers moes hard werk om ondersteuning te kry toe hy die Springbok-rugbyspan afgerig het. Hy het besluit om sy biografie, Politically Incorrect, te skryf omdat daar mense is wat dink dat hy nie op meriete aangestel is nie.
In ‘n onderhoud op die KykNET-program Kwêla het De Villiers gesê hy vertel ook die geskiedenis van bruin rugbyspelers in sy boek – ‘n geskiedenis wat baie mense nie eens van bewus is nie.
“Toe ek klein was, het ek vir my ma gesê ek wil ‘n Springbok word. Maar ek kon nie as gevolg van apartheid. Toe sê ek vir haar, as ek nie ‘n Springbok kan word nie, gaan ek eendag die Springbokke afrig,” vertel De Villiers in die volgende onderhoud:
- Laai dit nie? Kyk op KykNET
Kwêla het die bekendstelling van Politically Incorrect in Kaapstad bygewoon en met De Villiers se medeskrywer, Gavin Rich, gesels:
- Laai dit nie? Kyk op KykNET
In ‘n onderhoud met Phyllis Green van SARIE het De Villiers gesê dat hy Rich by die skryf van die boek betrek het, aangesien Rich een van sy felste kritici tydens sy vier jaar as Springbok-afrigter was. De Villiers het dus geweet dat Rich objektief sou wees.
Green het De Villiers ook oor die gebrek aan ondersteuning vir sy taak as Springbok-afrigter, sy gesinslewe, die sogenaamde seksvideo-skandaal en sy uitgesprokenheid uitgevra:
Voel jy jy het op die agtervoet begin toe jy as Springbok-afrigter aangestel is en dat dit mense ‘n verkeerde persepsie oor jou en jou vermoëns gegee het?
Ja, dit was baie moeilik. Ek dink dit het my aggressiewe kant uitgebring, wat nie eintlik nodig was nie. As ek beter voorgestel was, sou ek beter ontvang gewees het. Daar is ook baie ander goed. Ek sou baie vinniger na die volgende vlak kon beweeg het, want ek sou nie nodig gehad het om heeltyd oor my skouer te loer wat volgende gaan gebeur nie. Dit het nogal ‘n taamlike impak op die natuurlike groei van enige mens.Voel jy die hoofbestuur van rugby was nie ten volle agter jou nie?
As ek dit sê, dan is dit net my persoonlike opinie, maar dis die gevoel wat ek gehad het. Dis vir my moeilik om te aanvaar dat ‘n komitee van agt saamgestel word en sewe uit die agt stem vir jou en dan gaan hulle en stem weer. As ‘n mens kyk hoe hierdie aanstelling hanteer is in vergelyking met my aanstelling, dan is dit ‘n duidelike bewys dat mense my nie wou hê nie.
Wat is volgende vir De Villiers, nou dat hy nie meer die Springbok-afrigter is nie? Rian van Heerden het De Villiers, die man wat “altyd happy is” op die ontbytprogram van Jacaranda FM oor lewe ná die Springbokke uitgevra:
Sy glimlag en sy stem is volgens De Villiers sy mees kenmerkende eienskappe. Uit sy antwoorde op die Proust-vraelys in Beeld blyk dit ook dat sy grootste vrees is dat hy sal doodgaan, “sonder om ’n beduidende rol daarin te speel om eenheid in ons land te bewerkstellig”. Lees sy ander antwoorde:
Wat behels aardse geluk?
As jy ander se lewens beïnvloed en hulle inspireer om die beste te wees wat hulle kan wees. Om ander te sien groei.
Wat is die diepste put van ellende?
Selfbejammering en om vinger te wys na ander.
Boekbesonderhede
- Politically Incorrect: The Autobiography deur Peter de Villiers en Gavin Rich
Boek se tuisblad
EAN: 9781770224216
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!















Please register or log in to comment