Steve Hofmeyr se nuutste roman, Kapabel, verskyn in Oktober


Steve Hofmeyr se derde fiksieboek, Kapabel, verkyn na verwagting in Oktober.
Ná sy romantiese wetenskapfiksieverhaal, Die verste uur, het dié gewilde Afrikaanse sanger met Kapabel sy hand aan ‘n spanningsverhaal gewaag.
SARIE het die volgende beriggie oor Hofmeyr se komende boek geplaas:
“Ek’s baie trots op dié storie,” het Steve op sy Facebook-blad gesê oor sy sesde boek en derde roman.
Dis ’n “hoogs oorspronklike, opwindende en soms grieselrige roman,” sê Zebra Press, die uitgewer. Dit het al die elemente van ’n spanningsverhaal, sê hulle – “misdaad en moord, geld, seks, liefde en selfmoord”.Steve se vorige twee romans is Vier briewe vir Jan Ellis (2010) en Die verste uur (2011).
Boekbesonderhede
- Die verste uur deur Steve Hofmeyr
Boek se tuisblad
EAN: 9781770221642
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyer
EAN: 9781770220812
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
E-boek opsies – Laai dit nou af!
-
E-boek: Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr

Tipe e-boek: ePub
EAN: 9781770220942
Laai hierdie boek by LittleWhiteBakkie.com af













Please register or log in to comment