Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Zebra

@ Books LIVE

Nog grappige tekenprente deur Kobus Galloway verskyn in Idees vol vrees: Volume 2

Idees vol vrees: Volume 2Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit ’n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50 000, en die eerste IVV-boek was ’n reuse sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, die braai of selfs die koffietafel!

Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes skep. As ’n bonus is daar ook 50 oorspronklike eenreël-woordspeling grappies wat deur Kobus geskryf is bygevoeg.

Oor die outeur

Kobus Galloway het op sesjarige ouderdom begin teken, en het ná skool grafiese ontwerp gestudeer. Hy woon nou in Kaapstad, waar hy as ’n illustreerder en infografiese ontwerper vir Media24 se weeklikse tydskrifte.

In sy vrye tyd is Kobus ’n skerpskertser en vryskut-ontwerper / illustreerder. Hy is die eienaar van Komedie Media CC en het reeds met plaaslike kunstenaars soos Marion Holm, Pierre Breytenbach en Casper de Vries saamgewerk.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment