Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Zebra

@ Sunday Times Books LIVE

Paul Morris gesels oor vrede, sy aandeel aan wat vir hom ’n onetiese oorlog was, en manlikheid

Back to AngolaIn Back to Angola vertel Paul Morris van sy reis deur die land waar hy as jong, onwillige SAW-soldaat vir “vier maande in die hitte van die stryd in Angola vasgevang” was. Rachelle Greeff het met hom gesels oor sy soektog na innerlike vrede, ‘n soeke wat hom na 25 jaar teruggestuur het na die land waar “sy aandeel aan wat vir hom ’n onetiese oorlog was” afgespeel het.

Greeff vra ook vir Morris meer oor die konsep van manlikheid, die moontlikheid dat die Suid-Afrikaanse boekbedryf oorversadig is aan oorlogboeke en die belangrikheid van vrede maak met jou verlede. “Elkeen het sy eie reis, maar ek dink almal kan uitkom by ’n plek waar die verlede nie heeltyd pynlik indring in die teenswoordige nie,” sê Morris.

Twee jaar gelede het Paul Morris, sielkundige en lewensafrigter, drie weke lank elke dag vir agt tot tien uur deur die suidooste van Angola op ’n tweedehandse fiets getrap. Die doel van dié 1 500 km lange trek, met ’n lading van 35 kg, was om vrede te maak met ’n kort maar ingrypende deel van sy verlede. Hy het mense, “met wie ek geen probleem gehad het nie”, doodgemaak.

Morris was, soos duisende ander Suid-Afrikaners, nog kwartpad kind toe hy opgeroep is. Dit was in 1986. Ná basies is hy as voertuigbestuurder opgelei om die werklike wapenstryd vry te spring. Maar die weermag se somme was verkeerd (daar was te veel bestuurders) en hy’s vir mortieropleiding gestuur.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment