Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Zebra

@ Sunday Times Books LIVE

Wat is ’n liberaal en hoe vermy jy die skelnaam “libtard”? – Max du Preez gee raad

A Rumour of SpringMax du Preez het onlangs besin oor die verskeie betekenisse van die woord “liberaal”, wat deesdae uit alle oorde as ‘n belediging beskou word.

Die A Rumour of Spring: South Africa after 20 years of Democracy-outeur skryf in ‘n rubriek vir Netwerk24 dat hy homself nog nooit as ‘n liberaal gesien het nie: “Ek het wel liberale waardes, wat ek sou definieer as verdraagsaamheid, die vryheid en menswaardigheid van die individu en ’n oop, veelpartydemokrasie met soewereiniteit van die reg, aanspreeklikheid en ’n skeiding van magte.”

Du Preez maan Suid-Afrikaners aan om eerder sosiaal-demokrate te word en hulself sodoende meer beweegruimte te gee.

Lees die artikel:

Dit vermaak my altyd wanneer regse wit mense én swart aktiviste my ’n liberaal noem – en albei groepe bedoel dit as ’n belediging. Uit regse geledere word blykbaar daarmee bedoel dat ek my rug op “my mense” draai; dat ek ’n linksgesinde kwasi-kommunis is; dat ek ’n papperd is wat buig voor die aanslag van die swart meerderheid. “Libtard” is deesdae die gunsteling- regse skelwoord.

Uit swart geledere word, so smaak dit vir my, bedoel dat ek nié my rug op my “eie mense” draai nie en dus aan wit-wees en wit bevoorregting vasklou; dat ek ’n reaksionêre vryemark-fundamentalis is; dat ek elitisties en ongevoelig teenoor die armes en werkers is.

En dan is daar die bloubloed-liberale self wat neusoptrekkerig aan my sê ek is nie ’n liberaal se agterent nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment