Die onbekende Van Gogh was nie ’n gold digger nie – Chris Schoeman (Potgooi)
Esté Meyer Jansen het onlangs met Chris Schoeman gesels oor sy boek Die onbekende Van Gogh. Hierdie biografie van Vincent van Gogh se broer, Cornelis, het vanjaar by Zebra Press verskyn en is ook in Engels beskikbaar as The Unknown Van Gogh.
Die skrywer vertel dat daar nie veel in die geskiedenis geskryf staan oor Cornelis nie, en dit het hom geprikkel om meer uit te vind oor dié Van Gogh wat stil-stil in Suid-Afrika gewoon het. Anders as die meeste mans wat Suid-Afrika toe gekom het om goud te delf was Cor “nie ‘n gold digger nie”, vertel hy.
In sy soektog na Die onbekende Van Gogh het Schoeman die Vincent van Gogh-brieweversameling in die Van Gogh Museum in Amsterdam geraadpleeg, asook spoorwegmaatskappyrekords oor Cor wat nooit vroeër bekend was nie.
Luister na die potgooi:
- Laai dit nie? Luister op Maroela Media
Boekbesonderhede
- Die onbekende Van Gogh deur Chris Schoeman
Boek se tuisblad
EAN: 9781770227941
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- The Unknown Van Gogh deur Chris Schoeman
Boek se tuisblad
EAN: 9781770227910
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment