Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Zebra

@ Sunday Times Books LIVE

“Dit is donker waar hulle is” – Jana van der Merwe gesels oor Grave Murder (Plus: Uittreksel)

Grave MurderJana van der Merwe het onlangs met Vicus Bürger gesels oor haar boek, Grave Murder: The Story Behind the Brutal Welkom Killing, wat pas by Zebra Press verskyn het.

Grave Murder vertel die verhaal van die grusame moord op Michael van Eck wat in April 2011 in Welkom plaasgevind het.

Van der Merwe gesels oor die skryfproses en vertel dat die skrikwekkende feite haar soms aan depressie laat ly het. Sy sê die boek gaan grootliks oor die moordenaars, Chané van Heerden en Maartens van der Merwe, en hul motiewe: “Dit is donker waar hulle is. Dit is nie ’n plek waar ’n mens te lank wil wees nie.”

“Die slagoffer kon enigiemand gewees het. Die manier waarop Michael se familie van hom beroof is, is bitter erg. Hy was die middelpunt van hul bestaan.”

Lees die artikel en ‘n vertaalde uittreksel uit Grave Murder:

Chané het doodluiters die deur van die kleiner vrieskasgedeelte aan die bokant van die yskas oopgemaak … Nel en Steyn het toegekyk terwyl Chané versigtig haar hande indruk en ’n afgeplatte plastiekkruidenierssak – wat tussen ’n klein pakkie bevrore ertjies en ’n pak suikermielies ingedruk was – van die onderste rak uithaal.

Met groot sorg het sy die plastieksak op die kombuistoonbank gesit en die inhoud daarvan verwyder wat soos ’n plat pizzabasis gelyk het.

Nel het nie eens gegril toe sy kyk wat dit is nie – ’n makabere masker van Michael van Eck se gesig.

Nie almal het die boek met ope arms ontvang nie. Netwerk24 het berig oor Michael van Eck se ma se reaksie op Grave Murder:

Die ma glo nog vas daar was ook ander mense by haar seun se moord betrokke.

Henriëtte is baie kwaad oor die boek en meen dit doen afbreuk aan haar seun se nagedagtenis.

“Ek het haar (Jana) mooi gevra om dit nie te skryf nie … Hoe teer ’n mens op ander mense se smart?”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment