“Die skryf van die boek was by tye ’n baie traumatiese ervaring” – Jana van der Merwe oor Grave Murder
Jana van der Merwe, ‘n deurwinterde joernalis, het gedink sy het al alles gesien, tot die dag toe Welkom geruk is deur die grusame moord op Michael van Eck.
In ‘n onderhoud met Vista vertel Van der Merwe hoe sy daardie aand gevoel het toe sy die nuus ontvang het en die vreemde omstandighede waarin die storie gehul was.
Van der Merwe gesels oor die uitdagings wat met die skryf van Grave Murder: The Story Behind the Brutal Welkom Killing gepaard gegaan het, onder meer om die sielkundige motiewe te verstaan wat Chané van Heerden en Maartens van der Merwe daartoe gelei het om Michael so wreed te vermoor.
Lees die artikel:
Hoe het die boek jou, Jana die skrywer, geraak?
Die skryf van die boek was by tye ’n baie traumatiese ervaring. Ek was baie geskok deur die foto’s wat ek gesien het, ook die oorspronklike foto’s wat Chané en Maartens baie liggeraak van die skending geneem het om hul dade te dokumenteer. Weereens ’n bewys dat hulle reeksmoordenaars in wording was – die hou van trofees en die dokumentasie het vir die kenners getoon dat veral Chané weer en weer genot uit haar dade wou put of dit herleef. Sy is ’n skrikwekkende karakter. Die skryfproses was soms – veral aan die begin – baie frustrerend, maar die uitwerking ook baie swaar op my gestel. Ek was by tye baie depressief, ek het gesukkel om te slaap – deels ook omdat ek seker so obsessief was om te bly krap en te verstaan.
Lees ook:
Boekbesonderhede
- Grave Murder: The Story Behind the Brutal Welkom Killing deur Jana van der Merwe
Boek se tuisblad
EAN: 9781770227767
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment