Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Zebra

@ Sunday Times Books LIVE

“You’re Not an Honourable Person, Mr McKaiser” – Max du Preez Responds to Eusebius McKaiser’s New Book

A Rumour of Spring“Guess who’s the book’s main villain, the ‘racist’ that takes up a whole section of the book, thirteen of the 200 pages? Max du Preez, of course.”

In a recent post on his public Facebook page, Max du Preez, political journalist and author of A Rumour of Spring: South Africa after 20 years of Democracy, rebutted the accusation of racism Eusebius McKaiser makes against Du Preez in his latest book, Run Racist Run.

Du Preez says that he has never met or personally interacted with McKaiser, adding that he is occasionally attacked by him on social media. Du Preez says that McKaiser disregards volumes of his writing against racism, and has labeled him a racist on the basis on an interview Hanlie Retief Rapport had with him, and the article that came out of it.

Read Du Preez’s comment on Facebook:

Racism, subtle and unsubtle, blatant and camouflaged, is still one of South Africa’s most serious problems, threatening our stability and progress.

When someone abuses the racism issue to make a name for himself, promote his own brand or to settle scores with critics or opponents, such a person should be publicly named and shamed, because this phenomenon seriously undermines the real struggle against this dangerous scourge.

Eusebius McKaiser is such a person.

I picked up his book Run Racist Run (more a word-selfie than a book, actually, full of personal anecdotes and mentions of friends’ names), at the airport this week. Guess who’s the book’s main villain, the “racist” that takes up a whole section of the book, thirteen of the 200 pages? Max du Preez, of course.

I have never met the man or spoken to him. I’ve noticed that he’s not a fan, because he occasionally attacks me on social media. I really can’t explain his obsession with me.

If McKaiser wondered whether I was really a racist monster, he could have consulted the more than 800 columns I had written the last 15 years, many of them touching on the topic, or he could have read the lengthy chapters on race, racism and identity in my books Pale Native and A Rumour of Spring.

But he prefers to ignore all that and focus on a single article in the Afrikaans newspaper Rapport early this year after an informal chat I had with one of its reporters. That’s it, no other source or evidence.

I attach that Rapport story (not the link, because it is behind a paywall). Read it and judge for yourself; see if you can spot the nasty racism. (There’s a throwaway remark about McKaiser in there – could his book be revenge for that?)

You’re not an honourable person, Mr McKaiser. You’re a fake and a poseur.

Deur Hanlie Retief 25 Januarie 2015 09:01

’n Knobbelrige man onder ’n knobbelrige boom.

So, dís waar liberale lefties eindig as hulle anderkant 60 trek. Onder ’n witkaree met ’n Savanna en ’n pakkie Stuyvesants en ’n kop vol ontgogelde menings.

“Die koelste plek in die hele dorp is onder hierdie boom,” reken Max du Preez en laaf homself met ’n sluk Savanna.

Dis vanmiddag bliknerswarm op Riebeek-Kasteel. Die son bak die werf bleek.

Maar vir hitte het dié ou kraagmannetjie van Kroonstad nog nooit geskrik nie. Daar sit hy. Wars en werkloos, vir die soveelste keer in sy loopbaan, oor beginsels vir hom meer tel as rande.

Óns weergawe van Amerika se Hunter S. Thompson, noem sy ou kollega en vriend Tim du Plessis hom. Die leeu van Kroonstad, aldus Tim Knight, Kanadese uitsaai-joernalis en Emmy-wenner.

“Jakkie, jy moet vinnig verbyloop, anders hoor jy hoe lieg ek,” sê hy vir Jacques Pauw. “Ek wou nou-nou kom espresso drink en toe’s jy nie hier nie …” kla hy soos ’n ou man met ’n blikbroek.

Hier by dié tafel, in dié koelte.

Vier jaar terug het Jacques, tot onlangs een van ons groot ondersoekende joernaliste, hierdie Red Tin Roof-restaurant gaan staan en koop.

Nou skryf die Pauw nie meer ’n woord nie, hy maak pizzas. En in Piet Retiefstraat herinner Max se akkertjie mielies hom aan sy Vrystaatse grootworddae.

Al van 1987 af saam, hierdie ou kamerade van die Vrye Weekblad-loopgrawe. Dorpenaars nou, met vroue en honne.

Nee, hy meng nie eintlik met Jakkie nie, hy eet net sy kos, korrigeer Max.

’n Reeks-moeilikheidmaker, is Max al genoem. En soos sy luide bedanking verlede week as rubriekskrywer by Independent-koerante, só was Max-oorloë nog altyd uiters openbaar.

As jong Beeld-joernalis was hy die eerste Afrikaanse stem teen Suid-Afrika se besetting van Namibië. By Vrye Weekblad het die Afrikanerestablishment hom gekruisig, jis, hy’s amper opgeblaas, maar ’n held in die swart gemeenskap. Ironies kryt dieselfdes hom nou uit as rassis.

Sy WVK-program op TV is toegejuig, maar toe hy by Special Assignment op die nuwe elite se tone begin trap, is hy daar uitgewerk.

Nou weer, ná sy stuk oor ons “one-man wrecking ball”-president en dié se korrupte verhouding met Schabir Shaik, het die Independent-groep ’n “regstelling” en askies geplaas oor Max se “feitelike onakkuraatheid”. Tipies Max bewys hy toe hy’s 100% reg enfire homself voor Independent se groepsredakteur, Karima Brown, die moed daarvoor kon bymekaarskraap. Hy sou nog kon saamleef met die apologie, sê Max. Maar daai ANC-kleure wat Brown-hulle gedra het na ’n ANC-jol …

“En jy’t ’n poepol soos Eusebius McKaiser wat sê wat’s hiermee verkeerd! Miskien is ek ’nboring old fart, maar nooit in my amper 40 jaar in die joernalistiek het ek ’n joernalis gesien rondparadeer in Nasionale Party-kleure nie. Nie eens ou Alf Ries sou ’n NP-stickeropgeplak het nie, en ons het geweet waar hý staan.”

Moenie nou kom huil nie, ou Max, jy wou mos hierdie swart regering gehad het, nou kom byt hulle jou in die gat, hekel wit koortjies hom in kommentare.

“Dis ’n tema, nè, die laaste klompie ¬jare. Sulke mense verdien nie eintlik ’n antwoord nie. Wou hulle nié ’n demokrasie gehad het nie?”
Hy kyk vir my, oë pensioenblou agter sy ontwerpersbril uit Brussel.

“Dinge gáán erger as wat ek gedink het. Maar steeds, as ek in 1985 geweet het wat Jacob Zuma met my land sou aanvang, sou ek dieselfde gedoen het. Met ons geskiedenis is daar g’n manier hoe ons 20 jaar later ’n kumbaya-liberale-sensitiewe-demokrasie kon hê nie.”

Hy’t nie die ANC se toewyding tot nasiebou en goeie regering erg oorskat nie?

Nee. Hy was “aangenaam verras” deur Mandela en die ANC-in-onderhandelinge. Oor Mbeki, so “kleinserig” en “oorver¬dedigend” het hy later kop gekrap. En Zuma, wat hy in die 1980’s leer ken het? “Niemand het in sy wildste drome gedink hý sou president word nie.” ’n Vloek van omstandighede, noem Max dit.

“Bygesê: Ek’s bleddie aangenaam verras deur hoe ons as ’n nasie vaar.”

Die meeste Suid-Afrikaners, lyk dit vir hom, is meer Mandela as Zuma.

“Die meeste Afrikaners is kwaad vir verskynsels soos Sunette Bridges. Soos in: Waar val jy uit, sussie? Ons is nie almal só nie – ek hoor daai refrein oor en oor.”

Wat wil hy vir hulle sê, vir Bridges en Steve Hofmeyr-hulle?

“F*ck off en die. Hulle is die vyande van Afrikaners, van wit mense. Hulle en Dan Roodt doen meer skade aan die saak van Afrikaanse mense as enigiemand die laaste 100 jaar.

“As ons wil oorleef as eersteklasburgers saam met die res in hierdie land, moet ons sulke stemme uitskuif. Moenie vir hulle platforms gee nie, sê duidelik vir almal: Ons is nie só nie. Steve en Sunette is malletjies op die ekstreme rand.”

In hierdie Januarie met sy erge rassedebatte het hy ook slegte nuus vir daai Facebook-likers “wat nou so handjies klap oor ek die ANC kwansuis op¬donner”.

“Sorry dudes, julle steun my om die verkeerde rede. Steun die beginsel van vrye spraak en onafhanklike joernalistiek. Dis waaroor die fight gaan. Ek is g’n vegter vir wit voorregte nie, nie ’n uppity Boer wat vir die k*ffers wil sê ken julle plek nie.”

Hulle’s vir hom aanstootlik, dié wat so koor: “Ja, maar jy weet mos hoe’s húlle (die ANC/swart mense),” blaf hy. “Miskien moet ek vir news24.com ’n rubriek skryf sodat ek vir dié mense ’n slag kan sê: Kyk in die spieël, al is jy nice met jou tuinier en jou domestic help, jy’s ’n rassis en jy sny jou eie keel af.”

Soos iemand vir hom skryf: “Hierdie Eskom-ding is besig om van my ’n rassis te maak.” Dan wás jy nog altyd ’n rassis, antwoord Max.
“Die regering maak nie droog oor hulle swart is nie, hulle jaag aan oor hulle slegte politici is. Dis nie ’n swart-wit-ding nie, dis ’n vrot-korrupte-politici-ding.”

Max kry dit ook van die ander kant af. Van sy swart en bruin vriende sê dit sterk rassiste in hul kwaad as hy die ANC so aanvat.
“Dis deels onvermydelik. As Sunette Bridges sê rooi is mooi, stem ek met haar saam. Maar dit maak my nie die walglike rassis wat sy is nie.”

Hy voel Zelda la Grange se pyn ná haar oorhaastige Twitter-tirade verlede week wat haar in ’n rasse-spervuur laat beland het, knik hy. Hulle deel ’n erg openbare Januarie …

“Wat sy probeer sê, is legitiem, maar jy kan nie so iets in 140 karakters verduidelik nie. Zelda moenie haar steur aan almal wat so die hol uit die hoender ruk, haar boeke op Facebook verbrand nie. Ek het ’n vel soos ’n gepantserde seekoei, maar sy’s nie ’n gesofistikeerde politieke aktivis nie. Sy’s net Mandela se darling wat ’n boek geskryf het. Sy word nou geweldig misverstaan.”

Die hele Jan van Riebeeck-debat wys hoe ons mekaar nog nie mooi verstaan nie, sê hy. “Zuma is reg: Met Van Riebeeck se aankoms het al die moeilikheid begin. Kolonialisme. Ons Afrikaners verstaan wat dit aan mense doen, ons was onder Britse kolonialisme.

“Swart Suid-Afrikaners kon nog nie mooi hul koppe om die feit kry dat ek en jy nié kolonialiste is nie, dis ons voorsate, maar dis nou 400 jaar later. Ek is ’n inheemse Afrikaan, nie ’n settler soos die wittes wat in die 1950’s of 1960’s in Zimbabwe gaan bly het nie.

“Ek het geen illusies wat met ons gebeur het van 1652 tot vandag toe nie. Maar hulle is nie ek nie. Ek was nie op Vlakplaas nie. Ek het nie die Khoi voor die voet doodgeskiet in die Riebeekvallei nie. My voorsate het. Maar dis nie my persoonlike skuld nie. Omdat ek ’n goeie Suid-Afrikaanse burger is, het ek die reg in my eie hart om te sê dis hulle, my voorvaders. Ek neem verantwoordelikheid, maar dis nie my skuld nie.

“Ons moet op ’n mooi manier vir swart Suid-Afrikaners sê: Deal with it. Hoekom is Suid-Afrika anders as die res van Afrika? Hoekom kan óns ’n Wêreldbeker-sokkertoernooi aanbied? Toe ons wit voorsate hier aangekom het, het hulle verskriklik aangejaag, maar ook ánder goed gebring, en dis die mengsel wat nou hier is. Swart mense kan nie sonder ons klaarkom nie, en ons nie sonder húlle nie. Maar wit mense moet ook verstaan: Jy kan nie 300 jaar se houding dat swart mense minderwaardig is, in een geslag aflewe nie.”

Maar hoe moet wit mense leef in hierdie land?

Hy bly lank stil. Sê: Dis ’n belangrike vraag.

“Hoe moet ons leef? Met ’n helse klomp meer respek wanneer ons ons monde oopmaak en skryf. Selfs al bedoel jy dit nie as rassisme nie, as dit só ervaar word, dan moet jy jou woorde beter kies. Moenie klink soos ’n meerderwaardige wit dude wat trap op ander nie.

“Maar ook: Jy mág nie jou bek hou nie.”

Max het nie. Nie vir die NP nie, nie die ANC nie. Vir niemand. Nog altyd. Van die dae toe ons in die strate baklei het, soos iemand anderdag sê, tot nou waar ons op Twitter veg.

Het al sy vuurstorms hom verander? Of sê hy, soos Bart Nel, ek is nog hy?

Hy krap die restaurant-brak se kop. ’n Droogheid trek oor sy gesig.

Nee, al wie hom kom verander het, is klein Francis. Sy jongste dogtertjie het in sy lewe gekom toe hy 52 was, onverwags, onbepland. “En sy’t net ’n faset in my lewe gebring wat ek nogal nodig gehad het, van minder baklei en meer lief wees.”

Maar daar was soms twyfel, erken hy, en vat nog ’n hap van Jacques se biltongpizza. “Ek hét gewonder: Moet ek verander, begin gatkruip?”

Sy psige is seker maar te simplisties om draaie te loop en te lieg, van “sê wat gesê moet word en vat die pyn.”

Seker ingeteelde Calvinisme, daar in sy Vrystaatse Christelike grootwordhuis.

“Nie vreeslik van ’n gelowige self nie”, maar “dik van die dominees om my”. Sy broers, albei sy vrou se ouers, sy swaer.

Dan sirkel ons weer na die vraag: Hoe moet wit mense hier lééf?

“Hulle moet meer begin omgee vir hul mans en hul vroue en hul kinders. Sorg dat hulle self gelukkig is in hul verhoudings. En hulle moet goed eet, oefening kry, hul huise mooimaak en op lekker vakansies gaan. As jy self gelukkig is, gaan jy nie haat oorhê nie.”

Die mymeringe van ’n ou man onder ’n boom?

“Wel, ek sou dit wragtig nooit op 19 gesê het nie …”

Sy oë brand.

“Maar dis die heel belangrikste ding wat ek al ooit gesê het.”

Book details

 

Please register or log in to comment