“Jy is nou ’n Springbok” – Rugbylegende Frik du Preez onthou die grootste oomblik in sy sportloopbaan
Frik du Preez ken van stories vertel. Die oud-Springbok en skrywer van Boots en brannewyn: Snaakse stories uit die rugbywêreld het verlede jaar staaltjies met Bun Booyens gedeel oor hoe dit was om in die 1960′s rugby te speel.
Netwerk24 het die storie opgespoor, afgestof en weer gedeel, en hoe bly is rugbyaanhangers nie daaroor nie?
Du Preez het vertel hoe dit was om destyds vir die beroemde afrigter “Dok” Danie Craven te speel. Hy’t verder gesels oor 1965 wat ‘n besonderse moeilike jaar was vir die Springbokke, hul groot kragmetings teen Nieu-Seeland, Frankryk en Brittanje, die moeilikste speler wat hy ooit teëgekom het en die grootste oomblik in sy sportloopbaan.
Lees die artikel:
Wie was die moeilikste ou teen wie jy gespeel het?
Hulle was almal moeilik, maar [die All Black] Colin Meads en sy broer Stan. Hulle het mos saam gespeel, maar Stan het net daar in Nieu-Seeland gespeel, want iemand moes na die plaas kyk. Hy was baie beter as Colin in die lynstaan. Stan het vir my gas gegee.
Dan was daar Benoît Dauga. Daar in Frankryk het hy my geëet in die lynstane, maar gelukkig was daar nie televisie nie, so die mense kon nie sien hoe gee hy my pak nie.As jy nou terugkyk, wat is die grootste oomblik?
Toe ek gekies is vir die Springboktoerspan sonder dat ek vir Noord-Transvaal gespeel het. Daardie Saterdagaand luister ek nie eens na die spanne nie, ek het nog ’n meisie drive-in toe gevat. Ek hoor toe die ouens langs my begin hande klap, maar ek is te skaam om te gaan vra. Toe ek by die huis kom, sê hulle vir my: “Jy is nou ’n Springbok.”
Boekbesonderhede
- Boots en brannewyn: Snaakse stories uit die rugbywêreld deur Frik du Preez en Chris Schoeman
Boek se tuisblad
EAN: 9781770221338
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment