Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Zebra

@ Sunday Times Books LIVE

Video: Kobus Galloway gesels oor Where’s Zuma? en hoe skerpskerts sy selfvertroue opgebou het

Kobus Galloway was onlangs ‘n gas op kykNET se aktualiteitsprogram Flits waar hy met Bouwer Bosch gesels het oor sy Idees vol vrees-reeks en sy nuwe boek, Where’s Zuma?

Met die intrapslag is Galloway reeds op sy stukke. Bosch: “Welkom Kobus, lekker om jou op die show te hê … huge fan, ou.” Galloway: “Jy hét ‘n bietjie gewig opgetel.”

Where’s Zuma?Idees vol vrees
Idees vol vrees: Volume 2Idees Vol Vrees 3Idees Vol Vrees 4

 
Galloway vertel dat die kunsgogga hom al op vyfjarige ouderdom gebyt het en die komedie het kort daarna gevolg. Sy ouers het hom as kind na ‘n kunsskool in Bredasdorp gestuur, en toe sy juffrou sy katte aangesien het vir leeus was die koeël deur die kerk.

Oor sy jongste boek Where’s Zuma?, wat gegrond is op die gewilde Where’s Wally-reeks deur Martin Handford, vertel Galloway: “As jy die president klaar gekry het dan’s daar ‘n lysie van ander mense wat jy kan soek. As jy hou van Afrikaanse musiek kan vir jy Steve Hofmeyr gaan soek.” Ander versteekte bekendes sluit in Die Antwoord, Jack Parow en Oscar Pistorius.

Oor sy loopbaan as komediant vertel die komediant-kunstenaar dat hy vanaf 2009 vir drie jaar “geskerpskerts” het: “Ek het altyd ‘n probleem gehad om met mense te praat of as my foon lui wil ek my broek natmaak, so ek het dit gebruik om self-confidence op te bou en met mense te praat.”

Galloway gesels meer oor sy kreatiewe proses, hoe hy kritiek hanteer en hoe hy voel oor mense wat plagiaat pleeg. Hy vertel ook dat hy baie daarvan hou wanneer onderwysers sy spotprente in klaskamers gebruik om idiome te verduidelik.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment