Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Zebra

@ Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Lees drie uittreksels uit Chris Schoeman se Broers in die stryd

Broers in die strydIn Broers in die stryd skryf Chris Schoeman oor die groot aantal Hollanders en Hollandse uitgewekenes wat gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 aan die kant van die Boere geveg het.

In die eerste twee uittreksels hieronder word die verhale van Hollanders vertel wat deur die Britse Leër tereggestel is. Die laaste uittreksel bevat interessante aanhalings uit Hollanders se dagboeke wat die kommandolewe in Suid-Afrika beskryf:

Die Britse Leër se teregstelling van Kaapse rebelle en ander vir sogenaamde oorlogsmisdade en verraad het ook groot woede plaaslik en oorsee ontketen. Die legendes van Boerehelde soos Kommandante Gideon Scheepers en Hans Lötter, en Veldkornet Willie Louw is almal deeglik geboekstaaf, maar wat minder bekend is, is die verhale van sommige buitelanders wat gedurende die oorlog tereggestel is. Onder hulle was tien Hollanders, van wie nege in die veld saam met die Boere was.

Een van die mees aangrypende verhale is dié van die 22-jarige Hendrik Johan Veenstra, wat op 4 September 1901 in Colesberg tereggestel is saam met ‘n Sweed, Frederick Toy, en ‘n Boer, Hendrik van Vuuren. Veenstra is in Amsterdam gebore, was in die beste skole en het verskeie sertifikate op die gebied van handel verower. Sy toekomstige werkgewer, ‘n Frans-Hollandse maatskappy, het hom na Suid-Afrika gestuur om sy oom, Frans van der Ahee, in Colesberg te besoek kort voor die uitbreek van die oorlog. Hy het op 3 April 1901 by Kommandant Gideon Scheepers se kommando aangesluit, waarskynlik omdat hy soos baie van sy mede-Hollanders geesdriftig oor die Boeresaak gevoel het en daadwerklik iets wou doen om dit te bevorder. Sy adres is later in hofdokumente aangegee as ‘Rietfontein, Murraysburg’. Skaars drie maande later is hy saam met Toy en ‘n Luitenant Izak Liebenberg by Onbedacht in die Camdeboo gevange geneem. Op 5 Augustus 1901 is hy deur ‘n militêre hof in Graaff-Reinet verhoor op aanklagte van hoogverraad, die dra van vuurwapens en rebellie – aanklagte wat streng gesproke onmoontlik was aangesien hy steeds ‘n Hollandse burger was en op geen manier Britse burgerskap kon verkry het nie. hy is ook aangekla van brandstigting en stropery. Volgens die hof het hy drie huise in die Murraysburg-gebied aan die brand gesteek, waaronder die magistraatskantoor en die pragtige ou woning op die plaas Vleiplaas. Waarskynlik in die hoop dat hy as Hollander gevrywaar was teen vervolging, het Veenstra skuldig gepleit. ‘n Paar maande later, toe Scheeepers in Graaff-Reinet verhoor is, het hy erken dat hy Vleiplaas afgebrand het, sowel as die Rose-Innes-huis, Sharwood-huis en ‘n stoor.

Nog ‘n Hollander wat in die Kaapkolonie tereggestel is, was Piet de Ruyt, blykbaar die eerste man aan Boerekant wat tereggestel is vir die dra van ‘n Kakie-uniform. Lord Kitchener het vroeër bevele uitgevaardig dat enige Boere wat in ‘n Britse uniform gevang word, deur ‘n standregtelike krygsraad verhoor moes word, en indien hulle skuldig bevind is, moes hulle op die plek doodgeskiet word. Die verhaal rondom De Ruyt se gevangeneming is ietwat komies, maar nie minder tragies as dié van Veenstra nie.

De Ruyt, ʼn voormalige lid van Theron se verkennerskorps, het hom later in die Kaapkolonie by Generaal Ben Bouwer se kommando onder Generaal Smuts bevind. Hy was een van ʼn geslote groep van elf man wat deur Deneys Reitz die ‘Rijk Section’ gedoop is – ʼn ironiese verwysing na die vodde wat hulle as klere gedra het. Jan van Zijl, ook ʼn Hollander, was ook in dié groep, soos Reitz self. Die afdeling is deur Smuts gevra om as sy verkenners op te tree.

As dit nie die skroeiende son van die Suid-Afrikaanse somer was nie, was dit die snerpende koue en reën wat hul lewens uiters miserabel buite in die veld gemaak het. Vir die Boere wat gewoond was aan die land se toestande was dit erg genoeg, maar vir die buitelanders was dit selfs erger.

‘Hier ben ik nu onder enkel boeren, gedwongen te leven als zij en geen hooger eischen dan zij te stellen,’ skryf Ver Loren van Themaat. ‘Het kost me in het eerst wel moeite aan dit harde leven te wennen; ‘s nachts slaap ik onbehagelijk van de kou. De beschutting van den enkelen doornboom mag iets helpen tegen de uitstraling en den regen, het is of de nactwind er nog vinniger onder door blaast. Eens op een nacht, als we de paarden bij ons aan de takken van den boom hebben vastgebonden, kom een verschrikkelijk onweer opzetten. Zoo fel slaat het licht uit, zoo vlak boven ons ratelen de slangen, dadelijk op het licht volgend, dat ik het onverantwoordelijk oordeel langer onder den boom te blijven slapen; ik neem mijn kooigoed op en ga in het water in de modder wat verder liggen. Het felle lighten kan ik aan mijn oogen niet verdragen en ik kruip geheel onder de kombaars. Een echte nact der verschrikking. Den volgenden dag houdt predikant Louw uit Heidelberg, die dezer dagen in het lager verblyft, godsdienstoefening; hij dankt God, dat we allen weer de zon hebben mogen zien opgaan, en dit zijn zeker geen ijdele woorden; door dit buitenleven wordt men weer meer natuurmensch en voelt de geweldige natuurmachten in haar volle verschrikking.

Boekbesonderhede


» read article

Hanlie Retief gesels met Sarel van der Merwe oor SuperVan & I

SuperVan & IHanlie Retief gesels met Sarel van der Merwe, “die legende met alles: die roem, die snor, die rykdom, die meisies”, oor sy outobiografie, SuperVan & I:

Hy cruise die kar asof hy in ’n leunstoel sit. SuperVan op ’n agterpaadjie naby die Paarl, SuperRustig. Net die wenkbrou lig so nou en dan effens.

Ons Koning van Koel.

Maar daar dans duiwels in sy oë.

Book details


» read article

Interview with Victor Matfield, the “King of Locks”

VictorVictor Matfield was interviewed by Michael Mentz in The New Age to discuss his biography, Victor: My Journey, and to share his specialised insights into the game of rugby:

Victor Matfield has not deserted the Bulls and has apologised that he wasn’t at Loftus when they lost last week.

Followers of the former Bulls captain will be aware that he gave Saturday’s Blues match a miss as he was preparing to compete in his first Cape Argus Cycle Tour.

But those who have become accustomed to his presence at Super Rugby matches will understand that he is owed a few weekends off after more than a decade of intense ­Saturday shifts.

Book details


» read article

Lees ‘n uittreksel uit Die verste uur deur Steve Hofmeyr

Die verste uurIn die volgende uittreksel uit Steve Hofmeyr se roman Die verste uur, kom ‘n student op geskrifte oor ‘n komponis en ‘n liefdesbrief af toe hy die studeerkamer van ‘n vermiste professor skoonmaak. Hierdie gebeurtenis lei tot ‘n tydsreis waarin die student ‘n fout begaan wat ‘n alternatiewe heelal tot gevolg het – een waarin die meisie van sy drome smoorverlief is op hom. Lees dié lusmaker uit Hofmeyr se wetenskapfiksieroman:

“Eendag nog hier, toe skielik weg.”
“Wie, tannie?”
“Die oom.”
“Waarnatoe?”
“Skoonveld. Weet nie. Ek vra myself elke dag. Was dit die kinders, ‘n ander vrou miskien, was dit ek, was dit moord, selfmoord? Hy had geen ander familie nie. Sy pa is vroegerig reeds dood in ‘n vreeslike motorongeluk, sy moeder ná ons troue. Hy’t tog gepraat van ‘n Elsabe, maar… ag.”
“Miskien het hy net gery, tannie…”
“My man het nooit bestuur nie. Iets te doen met daardie ongeluk, sê ek jou. Ek was maar altyd die drywer hier rond. Winkels toe. Port Edward toe. Hy het agt-en-dertig jaar lank universiteit toe geloop.”
“As daar nie ‘n lyk is nie, tannie, dan…”

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Joan Hambidge gesels met Aniel Botha oor ‘n Dans met die dood

'n Dans met die doodAniel Botha se biografiese boek, ‘n Dans met die dood, vertel van haar stryd met anoreksie en haar obsessie met hongerte – vir kos, maar ook vir liefde, aanvaarding en die dood. Joan Hambidge het op RSG met Botha oor die boek en ook oor haar digkuns gesels. Luister na die potgooi:

 
icon for podpress  Joan Hambidge gesels met Aniel Botha oor 'n Dans met die dood: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede


» read article

Kobus Galloway se tekenprente in sy boek Idees vol vrees versamel

Idees vol vreesKobus Galloway se Idees vol vrees-tekenprente het Suid-Afrika binne maande na hul eerste verskyning stormenderhand verower. Dié ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse teken-prente gaan gewoonlik gepaard met dubbelsinnige eenreël-woordspelings en is enig in hul soort. Die reeks het baie gou ingang gevind: net 100 dae nadat Galloway ’n Facebook-blad begin het om sy tekenprente bekend te stel, het hy reeds byna 25 000 bewonderaars gehad. Idees vol vrees word op dosyne webwerwe oral op die internet genoem en verskyn ook in Huisgenoot en ander publikasies.

Hierdie versameling bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 50 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes skep.

Oor die outeur

Kobus Galloway het op sesjarige ouderdom begin teken, en toe hy net agt jaar oud was, is sy werk in die Taiwannese ambassade uitgestal. Hy het ná skool grafiese ontwerp gestudeer en woon nou in Kaapstad, waar hy as ’n illustreerder en infografiese ontwerper vir Huisgenoot, You, Drum, Tempo, Pols en ander publikasies werk. In sy vrye tyd is Kobus ’n skerpskertser en vryskutontwerper/illustreerder. Hy is die eienaar van Komedie Media CC en het reeds met plaaslike kunstenaars soos Marion Holm, Pierre Breytenbach en Casper de Vries saamgewerk.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Steve Hofmeyr gesels oor Die verste uur op Expresso

Die verste uurSteve Hofmeyr het tydens ‘n onderhoud op Expresso gesê sy nuutste boek, die wetenskapfiksieroman Die verste uur, bevat ‘n bietjie van alles waarvan hy hou: “‘n bietjie storie vertel, ‘n bietjie erfenis en geskiedenis en ‘n bietjie musiek”.

Die verste uur is ook ‘n liefdesverhaal: “Die karakter moet kies tussen twee heelalle – in die een kry hy die girl en in die ander een kry hy nie die girl nie, maar los baie ander dinge op”.

Kyk na ‘n video van die onderhoud:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Steve Hofmeyr gesels oor Die verste uur, lees- en skryfgewoontes en Twitter

Die verste uurSteve Hofmeyr sê “Afrikaans kan doen met ‘n paar eksperimente”. Daarom het hy die wetenskapfiksieroman, Die verste uur, geskryf.

Hofmeyr het aan Phyllis Green gesê hy werk ook reeds aan ‘n volgende boek, Kapabel, wat “iets tussen Faust, Dorian Gray en My Fair Lady” – “‘n Boere-Pygmalion” – gaan wees. Hofmeyr skryf ook lirieke en gedigte, en hy het al ‘n novelle en ‘n outobiografie die lig laat sien, maar hy het aan Green gesê sy gunsteling-vorm van skryf is Twitter, want dit is “kort, ekonomies sonder die luukse van etiket”:

Het jy bietjie afgekyk by J.M. Coetzee se Diary of a Bad Year vir die formaat van die boek?

Beslis. Maar ook Philip Roth en selfs Shakespeare en Tarrantino, wat die afloop van hul stories met verskillende drade saamtrek.

Boekbesonderhede


» read article

Foto’s van Steve Hofmeyr se boektoer (Plus: Wen ‘n kopie van Die verste uur)

Die verste uurSteve Hofmeyr is tans besig met ‘n boektoer na verskeie takke van Exclusive Books regoor die land om oor sy nuwe wetenskapfiksieboek Die verste uur te gesels en kopieë van die boek vir sy aanhangers te teken.

Die verste uur is een van die boeke wat deel uit maak van Exclusive Books se Afrikaanse Lekkerleesfees. Hofmeyr sal volgende (op 27 Julie) by Exclusive Books in die Tygervallei-winkelsentrum aandoen.

Kyk hieronder na foto’s van die toer:
 

Steve Hofmeyr book signingSteve Hofmeyr book signing

Jy kan ‘n kans staan om ‘n kopie van Hofmeyr se nuwe boek te wen deur ‘n maklike vragie op Random House Struik se webblad te beantwoord:

Boekbesonderhede


» read article

Steve Hofmeyr teken vanaand en op 27 Julie boeke by Exclusive Books in Bloemfontein en Kaapstad

Die verste uurRandom House Struik en Exclusive Books nooi jou uit na ‘n gesprek met Steve Hofmeyr oor sy nuwe roman, Die verste uur, vanaand in die Mimosa-winkelsentrum in Bloemfontein. Hofmeyr sal ook van sy boek teken.

As jy jou in Kaapstad bevind, kan jy op 27 Julie by ons in die Tygervallei-winkelsentrum aansluit, waar Hofmeyr ook oor sy boek sal gesels en kopieë sal teken. Bring jou kopie van Die verste uur saam en kry Hofmeyr se handtekening!

Sien jou daar!

Besonderhede van die geleenthede

Bloemfontein

Kaapstad

Boekbesonderhede


» read article