Wie was Die onbekende Van Gogh? Chris Schoeman vertel meer oor Vincent se broer (Video)
Dis moeilik om te glo die bekende Vincent van Gogh se broer het in Suid-Afrika gewoon. Maar dis waar – daar was ‘n onbekende Van Gogh broer en Chris Schoeman het pas ‘n boek oor hom gepubliseer. Hy het onlangs met Kabous Meiring gesels op kykNET se aktualiteitsprogram Prontuit en meer vertel oor Cornelius, die jongste van drie Van Gogh seuns.
Die 22-jarige Cor het in 1889 na Suid-Afrika gekom en as ingenieur by die goudmyne en later die spoorweë gewerk. In Die onbekende Van Gogh, in Engels beskikbaar as The Unknown Van Gogh, lewer Schoeman ‘n aangrypende verslag van Cor se lewe voor en ná hierdie skuif en werp lig op sy verhouding met sy ouer broer, Vincent.
Kyk na die video:

- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Boekbesonderhede
- Die onbekende Van Gogh deur Chris Schoeman
Boek se tuisblad
EAN: 9781770227941
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- The Unknown Van Gogh deur Chris Schoeman
Boek se tuisblad
EAN: 9781770227910
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
» read article